Yolandy
Griffith het in 1998 by KHS gematrikuleer. KHS se puik musiekjuffrou, Santjie
Kritzinger, het haar gemotiveer om haar drome te volg en sluit in 2005 by die
Londonse Simfonie koor aan.
Sy verwerf in
2003 haar BMus by die NWU en spesialiseer in Sangpedagogie en Sosiale
Musikologie voor sy London toe is. Sy het oorsee begin skool gee en is in 2014
bevorder tot Spesialisleier van onderwys vir die Harris Foundation. Sy dien 5
jaar op die Croydon Music Education Hub Board.
Yolandy is aangestel om in 2022 oor te neem as Direkteur van Musiek by Homefield Preparatory School in Sutton. #trotskhs