Tennis uitslae 27 Mei 2022

Tennis

5/30/2022 | KHS

Die 1ste span seuns het Rustenburg Hoƫrskool gewen op Rustenburg met 25 spelle teenoor 16. Ons nr 2 speler, Ruan Delport, was ongelukkig afwesig weens siekte.

Ons manne is nog onoorwonne in die liga!! Sterkte vir die semi - finale en voorbereiding daarvan! Julle maak ons trots!

Kian Muller, Stephan J van Rensburg en Jayden Nakana.

Die 1ste span meisies wen Rustenburg 54-34.

Hulle vertoon pragtig in hulle geborgde klere, hoedjies en waterbottels!

Die 2de span dogters wen Rustenburg 62 -10.

Die dogters is ook nog onoorwonne in die liga!

Jaydene Kennie, Laurike Mynhardt, Elinke Wiese, Tiyana Lourens

Die 3de liga dogters wen Wesvalia met 50 spelle teenoor 22 spelle! Die 3de liga seuns wen 41 - 31!! Dankie vir julle mooi spangees en karakter op die baan!

Links na regs,

Chiara Vermeulen, Maya Mwale, Mia Verwey, Ruzanne Oosthuizen

Paul Roux; Tiaan Koen; Hennie Dreyer; Otto Bruwer

Die 5de liga tennis span het Wesvalia gewen met 60 spelle teenoor 12! Wesvalia het nie 'n 5de dogters span nie en KHS het die punte gekry.

Baie geluk span :

Loutjie Roothman, Leonard Bevan, Jovan Scholtz, Hansie Muller


1ste Seuns

1ste Dogters

2de Dogters

5de liga


comments powered by Disqus