Senior dogterskrieketspan

Krieket

9/26/2022 | KHS

Baie geluk aan ons Senior dogterskrieketspan wat vir Schoonspruit met 6 paaltjies wen.

Die meisie van die wedstryd was Jalize Nel met 46 lopies tydens haar kolfbeurt en 1/24 in 4 beurte met haar bowling.

Dié span is tot dusver onoorwonne in hul liga. Baie dankie aan coach Tanja van der Merwe wat baie hard werk met die dogters en dankie aan Henru Marais wat soveel ure insit met die meisies se tellings en statistieke.



comments powered by Disqus